FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
FIFA Confederations Cup South Africa 2009
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Datums 14 – 28 Junie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 4 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (3 titels)
Tweede plek Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Derde plek Vlag van Spanje Spanje
Vierde plek Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 44 (2.75 per wedstryd)
Bywoning 584 894 (36 556 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Brasilië Luís Fabiano (5 doele)
Beste speler Vlag van Brasilië Kaká
2005
2013

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 (Engels: FIFA Confederations Cup) is van 14 tot 28 Junie 2009 in Suid-Afrika aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gedien. Dit was die sesde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle die Verenigde State met 3–2 in die eindstryd geklop het. Spanje het in die derde en die gasheer Suid-Afrika in die vierde plek geëindig.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy